Einde aan wildverbod in Uganda
2009-10-14 01:00
Kampala – Uganda het ‘n dekade oue verbod op die jag van troppe olifante, buffalos en sebras laat lig om sodoende toerisme inkomste ‘n hupstoot te gee.
Volgens Lillian Nsubuga, woordvoerder van Uganda se Wildlife Authority (UWA), is ‘n ooreenkoms met ‘n privaatmaatskappy reeds gesluit om sport-jaglisensies in sekere areas van oos-Afrika lande te verkoop.
Sy het bygevoeg dat lisensies huidiglik net aan areas toegeken sal word wat nie as wildreservate aangedui is nie.
In sentrale Uganda, is die meeste wildreservate uitgedun weens ‘n burgeroorlog wat gedurende 1981-1986 daar gewoed het, en die huidige regering tot stand gebring het. Terwyl in gedeeltes van die noorde van Uganda, die Lord’s Resistance Army (LRA) se opstandigheid aan wildstropers vrye teuels gegee het, en die verbod op sportjag aangehits het.
Nsubuga beweer dat in sekere distrikte, veral olifant- en buffalo bevolkings volkome herstel het tot ‘n punt waar hulle nou ‘n las vir plaaslike boere raak deur landerye te vernietig en vee ontwrig wanneer hulle besig is om wei.
“Ons wil hê plaaslike gemeenskappe moet hieruit voordeel trek, en natuurlik is sportjag een van die oplossings.”
‘n Persentasie van die inkomste wat deur die verkoop van lisensies gemaak gaan word, sal aan grondeienaars en gemeenskapsontwikkeling gaan.
Volgens die UWA, sal inwoners wat vir jare onwettig gejag het, as gidse opgelei word.
- Sapa-AFP