Egiptiese weermag maak beloftes
2011-02-11 21:23
Die weermag in Egipte het belowe dat hulle die hervormings wat
deur president Hosni Mubarak belowe is, sal implimenteer.
Daar is gewaarborg dat die noodtoestand teruggetrek sal word as
die huidige toestand in die land geëindig sal word.
Wetshervormings toegepas sal word en dat hofbeslisings met
betrekking tot betwiste setels in die parlement gerespekteer sal word, het die
Hoër Raad van die Egiptiese Weermag in ‘n verklaring gesê.
Die noodtoestand, wat sedert 1981 in Egipte in werking is, gee
die polisie ‘n wye verskeidenheid van magte.
-Volg Nuus24 op Twitter.
-SAPA