Egiptiese soldaat sterf in ongeluk, 21 beseer
2010-04-14 09:18
Kaïro – ‘n Egiptiese soldaat is dood en 21 ander ernstig beseer toe hulle in ‘n ongeluk betrokke was, het ‘n Egiptiese sekuriteitsbeampte gesê.
Volgens die beampte was die vragmotor wat die soldate vervoer het besig om hulle terug na hul basis te neem, toe dit in ‘n kop-aan-kop botsing met ‘n vragmotor betrokke was. Die soldate het nagskof gewerk.
Die ongeluk het Dinsdagoggend sowat 30km vanaf Israel se grens gebeur.
Die beampte het op voorwaarde van anonimiteit gepraat, omdat hy nie met die media mag praat nie.
Volgens hom het sommige van die soldate ernstige kopbeserings opgedoen en hulle is na ‘n nabygeleë hospitaal geneem.
Ongeveer 6000 mense sterf jaarliks in padongelukke in Egipte weens slegte paaie en swak verkeerstoepassing.
- AP