Egiptiese protesaksies duur voort
2011-11-25 10:03
Kaïro – Egiptiese aktiviste het nuwe protesaksies in Kaïro vir Vrydag gereël en eis ‘n onmiddellike einde aan die regerende militêre raad se heerskappy in dié land.
Intussen het die weermag beloof hy sal verseker dat geen onrus die verkiesing volgende week steur nie.
Egiptiese privaat televisiekanale het berig dat Egipte se tussentydse regering Kamal al-Ganzuri, ‘n vorige premier van die land, as die nuwe premier aangestel het. Die berigte kon nie onmiddellik bevestig word nie.
Ganzuri is ‘n ekonoom wat tussen 1996 en 1999 as premier onder Hosni Mubarak, die ontsetelde president van Egipte, gedien het.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP