Egiptiese polisie skiet asielsoeker dood
2011-12-06 10:02
El-Arish – Egiptiese polisie het ‘n asielsoeker naby die grens met Israel doodgeskiet en drie ander beseer, het ‘n veiligheidsbeampte gesê.
Die veiligheidsbeampte het gesê dat vier mans, al vier in hulle 20’s, Maandag onwettig probeer het om die grens vanuit Egipte se Taba-streek in die Sinai-skiereiland na Israel oor te steek.
Die drie beseerde mans is Eritreërs. Die vierde man, wat doodgeskiet is, het nie identiteitsdokumente by hom gehad nie.
Duisende Afrikane probeer elke jaar deur Egipte na Israel gaan om werk of asiel te soek.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP