Egiptiese betogings moet ondersoek word – weermag
2011-10-10 21:58
Kaïro – Die Egiptiese weermag het Maandag die regerende raad gevra dat die botsings tussen Christelike betogers en die militêre polisie, waartydens 25 mense dood is, spoediglik ondersoek moet word.
Veldmaarskalk Mohamed Hussein Tantawi, wat die regerende raad lei, en ander generale het vergader na die geweld. Die gevegte is die gewelddadigste nog sedert Hosni Mubarak ontsetel is.
Die weermag het gesê dat alles is sy vermoë gedoen gaan word om veiligheid vir die burgers te handhaaf. Die plan om mag aan die burgers te oorhandig is ook beaam nadat aktiviste die weermag daarvan beskuldig het dat daar te hardhandig opgetree word teenoor Christene wat betoog oor ‘n aanval op ‘n kerk in die suide van Egipte.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Reuters