Egiptiese aktiviste voor die hof gedaag
2011-05-30 23:04
Kaïro – Die Egiptiese weermag, wat sedert Hosni
Mubarak se uittrede die land regeer, het twee joernaliste en ‘n blogger
gedagvaar omdat hulle blykbaar die weermag gekritiseer het.
Rim Magued en Nabil Sharafeddin, albei
joernaliste, en Hossam al-Hamalawy, ‘n menseregte-aktivis en blogger, sal
Dinsdag in die hof verskyn.
Hamalawy het op ‘n privaat-televisiekanaal,
ON-TV, aantygings gemaak dat die land se militêre polisie menseregte geskend
het en dat hy bewyse het van die voorvalle.
Magued is ‘n aanbieder op ON-TV.
Sharafeddin het op sy beurt soortgelyke
aantygings omtrent die Hooggeregshof van die Gewapende Magte gemaak.
‘n Facebook-groep ter ondersteuning van die
drie het ‘n optog, wat Dinsdag sal plaasvind, buite die aanklaer se kantoor
bymekaargeroep.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP