Egiptenare trek kruisies in eerste verkiesing sedert opstand
2011-11-28 21:07
Kaïro – Stembusse het Maandag in Egipte geopen vir die eerste parlementêre verkiesing sedert die opstand wat pres. Hosni Mubarak se regime in Februarie tot ‘n einde gebring het.
Egiptenare in Kaïro, Alexandrië en ander gebiede wat in die eerste fase van die laerhuis-verkiesing ingesluit is, is toegelaat om vanaf 08:00 te stem.
Die stembusse sal om 19:00 sluit, maar stemmers in dié ronde sal toegelaat word om weer Dinsdag verder te stem.
Die verkiesing van die laerhuis sal eers teen 11 Januarie afgehandel wees.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Reuters