Egipte wéér op 'n mespunt
2011-11-25 12:25
Kaïro – Duisende Egiptenare is besig om gereed te maak vir ‘n betoging by die Tahrir-plein in Kaïro wat militêre heersers in die land kan dwing om die mag aan 'n burgerlike regering oor te gee.
Die protesaksie wat vir Vrydag gereël is, en die Last Chance Million Man Protest genoem word, vind plaas ‘n dag nadat die weermag verskoning gevra het vir die moord op 40 betogers tydens botsings op straat naby Tahrir-plein in die afgelope week.
Die weermag het ook gesê dat parlementêre verkiesings wat Maandag moet begin, soos beplan sal voortgaan.
Die betoging sal glo op sy ergste wees ná die Vrydag-biduur op die plein.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP