Egipte maak gereed vir nóg betogings, geweld
2011-02-11 11:58
Kaïro - Duisende mense wat eis dat pres. Hosni Mubarak van Egipte die tuig moet neerlê gaan na verwagting Vrydag in die strate van Kaïro en ander stede betoog.
Daar word gevrees dat dit een van die gewelddadigste protesaksies
tot dusver kan wees.
Dit kom nadat pres. Hosni Mubarak Donderdag aangekondig het dat hy nie van
plan is om voor September as president uit te tree nie, maar dat hy wel sy mag
aan adjunkpresident Omar Suleiman sal oorhandig.
In sy toespraak het hy gesê dat die betogers se eise nagekom sal word, maar
op ‘n manier wat nie die grondwet sal ondermyn nie.
Nog voor hy sy toespraak kon afsluit, het die skare hom die woorde “Donkie, loop!” begin toesnou.
-Kliek hier vir die volledige storie.
-Volg Nuus24 op Twitter.