Egipte hou referendum oor 2 maande
2011-02-16 17:00
Kaïro - ‘n Paneel van regskenners wat deur die Egiptiese weermag aangestel is, gaan ‘n hersiende grondwet aan ‘n referendum binne die volgende twee maande voorlê, het ‘n komitteelid gesê.
‘n Burgerlike panel het ‘n vergadering met die Hoë Raad van die weermag gehad. Hulle is tien dae gegee om die grondwet te hersien sodat daar vir ‘n presidensiële en parlementêre verkiesing wat later die jaar gaan plaasvind, kan voorbery.
“Ons die hersiening binne tien dae klaar maak en die referendum en sy uitslae sal binne twee maande klaar wees,” het Sobhi Saleh gesê. Hy is een van die paneel se agt lede wat regters en grondwettelike kenners insluit.
“Die weermag het belowe dat die referendum deur hulle en die poslisie beskerm gaan word.”
-Volg Nuus24 op Twitter.
-SAPA