Egipte bou muur om Israelse ambassade
2011-09-05 20:06
Kaïro – Egipte het ‘n muur rondom die Israelse ambassade in Kaïro begin bou nadat spanning tussen die twee lande ‘n reeks betogings veroorsaak het waartydens ‘n betoger op die ambassade se gebou geklim het en die Israelse vlag gesteel het.
Terwyl die bou van die muur ‘n paar dae gelede begin het, het talle Egiptenare hulle ontevredenheid met die muur kom wys. “Die mense wil hê die muur moet weg,” is op die muur geverf.
Egiptiese beamptes het gesê die rede vir die muur, wat sowat 2,5 m hooog staan, is om ander werkers in die gebou te beskerm en nie die Israelse sending nie.
“Die doel is om die laer vloere van die gebou te beskerm en om spanning tussen betogers en werkers van die ambassade te verhoed,” het Al-Masry Al-Youm, ‘n daaglikse koerant, die plaaslike goewerneur, Al-Masry Al-Youm, aangehaal.
– Lees die volledige artikel by Times Live.
– Volg Nuus24 op Twitter.