Egipte: Vyf kry doodstraf vir roof, moord
2011-08-18 10:44
Kaïro – ‘n Egiptiese militêre hof het Woensdag vyf misdadigers die doodstraf opgelê nadat hulle ‘n vulstasie beroof het en ‘n polisiebevelvoerder in die proses vermoor het, het Mena, die amptelike Egiptiese nuusagentskap, berig.
Sewe ander mense wat tydens dié roof in Mei in die dorp Al-Quseir in hegtenis geneem is, is vrygespreek.
Die weermag het al duisende misdadigers voor die hof gedaag vir misdade wat strek van diefstal en aanranding tot die minagting van die weermag sedert Hosni Mubarak die tuig neergelê het.
Talle mense is ook al tot die dood veroordeel vir misdade soos verkragting en moord.
Egiptenare het dié vervolgings in die eerste paar maande na die opstand verwelkom, maar die weermag word nou al hoe meer vir die tribunale gekritiseer.
Menseregtegroepe meen die weermag tree onregverdig op.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP