Egipte: Verkiesings moontlik uitgestel

2011-06-20 08:18
Tweets Share Share line Print

Kaïro – Druk neem in Egipte toe om die parlementêre verkiesings, wat in September moet plaasvind, uit te stel om partye meer kans te gee om beter voor te berei, berig die nuusagenstskap AP.

Selfs die premier ondersteun nou dié sentiment, wat volgens vele daarop gemik is om te verhoed dat die Moslem-broederbond 'n té sterk rol speel in die formulering van 'n nuwe grondwet.

Essam Sharaf, tussentydse premier, het Sondag in 'n onderhoud op die Egiptiese nuuswebwerf Masrawy.com gesê hy ondersteun die uitstel om die land se "politieke landskap" 'n kans te gee om vorm aan te neem.

Hy het ook gesê hy dink 'n nuwe grondwet behoort nie voor die verkiesings opgestel te word nie.

Die Islamitiese Moslem-broederbond, Egipte se grootste en bes georganiseerde politieke groep, het woedend op Sharaf se kommentaar gereageer, met 'n leier van die groep wat gesê het die premier moet bedank voor hy sy persoonlike standpunte opper.

"Die mense wil die mag aan 'n burgerlike regering oorhandig. Dit is in die land se belang," het Sobhi Saleh, 'n leier van die broederbond, gesê.

"Die Moslem-broederbond is teen die uitstel van die verkiesings en teen die formulering van 'n grondwet voor die verkiesings."

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Sapa - AP

Lees meer oor: egipte  |  politiek  |  verkiesings

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sarel sê... Ons het hulle aan PRESIDENT MBEKI vrygelaat??? whahahahahaha weet hulle iets wat ons nie weet nie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 109,900.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 S
2003
R 59,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.