Egipte: Blogger gaan tronk toe
2011-04-11 17:01
Kaïro - ‘n Egiptiese militêre hof het Maandag drie jaar tronkstraf aan ‘n blogger toegestaan nadat hy die gewapende magte gekritiseer het wat die land regeer sedert president Hosni Mubarak as president uitgetree het.
“Ongelukkig het die Nasr-stad militêre hof vir Maikel Nabil drie jaar tronkstraf gegee,” het Gamal Eid, Nabil se prorkureur, gesê. “Die prokureurs was nie by toe die vonnis uitgegee is nie. Dit is amper in die geheim gedoen.”
Die vonnis sou aanvanklik verlede Woensdag gebeur het, maar is toe na Sondag uitgestel.
Daar was Sondag prokureurs by maar hulle is gesê om te loop omdat daar nie ‘n vonnis uitgedeel sou word nie, het Eid gesê.
“Ons was almal baie verras om te hoor dat Nabil toe wel drie jaar tronkstraf gekry het,” het hy gesê.
Hierdie vonnis gaan heel moontlik kommernisse skep vir die groot netwerk van bloggers in Egipte wat gehoop het dat die val van Mubarak se regering hulle ‘n nuwe era van vryheid van spraak sou lei.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP