Egipte: Betogers laat hul glad nie paai

2011-02-06 07:04
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Betogers is Saterdagmiddag een-een toegelaat tot die Tahrir-plein (oftewel Vryheidsplein) in Kaïro – ’n nuwe vei­lig­heid­stra­te­gie by dié spilpunt van die afgelope vyf dae se geweld in Egipte.

Buite die veiligheidspunte het duisende begeesterde betogers gewag om deurgesoek te word, maar ín sou hulle in. Die regering het gister die aandklokreël verslap en in die hoop dat betogers sal terugkeer werk toe, aangekondig dat banke en sakeondernemings gaan heropen.

Maar die massa buite die plein, waar geweld Woensdagaand uitgebreek het, het duidelik laat blyk dat met die protes teen die regime van pres. Hosni Moebarak voortgegaan sal word.

Weermagtenks het sedert Vrydagaand die plein omring, maar nie binnegegaan nie. Honderde betogers het voor die tenks geslaap. Ander het ’n menseketting om dié slapendes gevorm.

Die weermag was tot dusver baie beheers en selfs goedgesind teenoor die betogers.

Wêreldwyd het ondersteuners van die pro-demokratiese beweging vir Egipte Saterdag ook protes aangeteken. In Amerika is sterker optrede van pres. Barack Obama geeïs.

In Kaïro was Moebarak onversetlik in sy plan om aan te bly tot die September-verkiesing.

Vroeër gisteroggend is ’n gaspypleiding in Noord-Sinai in Oos-Egipte aangeval. Dié pypleiding dra bykans 40% van die gas wat aan Israel en Jordanië verskaf word.

Woensdagaand se geweld het die wêreld se oë op die protesoptrede in Egipte gevestig. Dit is aangeblaas toe ’n lorrie met klippe buite die plein posisie ingeneem het.

’n Konfrontasie tussen Moebarak-gesindes en protesteerders het bloedige gevolge gehad toe klippe oor en weer geslinger is. Elf mense is dood en duisende is beseer. Die stryd het bykans 12 uur lank geduur.

Op eie bodem het betogers Vrydagmiddag “Jaskot Moebarak!” en “Voert­sek, Moebarak!” voor die Egiptiese ambassade in Pretoria gedreunsing.

Die Suid-Afrikaanse regering het egter polities vroom gebly oor die situasie in Egipte.

Collins Chabane, minister in die presidensie, het gesê hulle is bekommerd oor knelpunte in Afrika, waaronder Egipte.

Maar Ebrahim Ebrahim, adjunkminister van internasionale betrekkinge, het in sy hoedanigheid as hoof van die ANC-komitee oor internasionale verhoudinge Woensdag sterker woorde gehad as sy kollega.

Hy het gesê die ANC wil bestendigheid op die Afrika-vasteland hê en Afrika-leiers moet besef politieke mag is net regmatig wanneer dit spruit uit die wense van die mense wat regeer moet word.

Die ANC-jeugliga het gesê wat in Egipte plaasvind, is belangrik vir die vasteland. Die liga het die SAUK gekritiseer weens sy dekking van die krisis.

Mnr. Floyd Shivambu, woordvoerder van die jeugliga, het aan Rapport gesê dis ’n skreiende skande dat geen Afrika-nuusagentskappe in Kaïro is nie.

“Hoe kan die SAUK sê hy is ’n leier op die gebied van Afrika-nuus en nié daar wees nie? Niemand weet wat die mense op die Tahrir-plein wil hê nie en die SAUK het nie gaan uitvind nie.”

Die etlike duisende betogers op die Tahrir-plein in Kaïro is nie behep met wie pres. Hosni Moebarak moet opvolg nie, solank hulle net kan kies.

Dit is reeds twee weke sedert die Egiptenare in stede en dorpe teen die diktatorskap van Moebarak en sy Nasionale Demokratiese Party-regering begin betoog het.

Die opstandiges is ’n wyd uiteenlopende groep en behoort meestal nie aan tot enige politieke party of groepering nie.

Wat luidkeels geëis word, is verandering en die reg om ’n eie regering te kies – tot dusver ’n uiters moeilike taak vir onafhanklike kandidate.

Sou Moebarak nou padgee of ná die verkiesing in September, is daar uit eie geledere twee kandidate wat die leisels kan oorneem.

Die man met die mag is adj.pres. Omar Soeleiman, sê prof. Hussein Solomon van die politieke departement aan die Universiteit van die Vrystaat.

Soeleiman is ’n voormalige hoof van intelligensie en is pas as adjunkpresident aangewys.

“Hy is ’n vertroueling van Moebarak en na aan die weermag. Wanneer ’n mens kyk na wat die toekoms vir Egipte inhou, moet jy kyk wie die weermag beheer,” het Solomon aan Rapport gesê.

“Nog iemand wat dopgehou moet word, is is mnr. Ahmed Sjafiq, die nuut aangestelde premier. Ook hý het bande met die weermag.”

Sjafiq was lank die hoof van die lugmag.

Die Islamistiese beweging Moslem-broederskap gaan ook voortaan ’n deurslaggewende rol speel.

Hoewel die broederskap as sodanig verbied word om aan presidents- of parlementêre verkiesings deel te neem kan hul kandidate onafhanklik verkiesbaar gestel word.

Die voorste kandidaat vir die broederskap is mnr. Mohammed el-Baradei, die voormalige direkteur-generaal van die Nasionale Atoomenergie-agentskap (IAEA) en Nobelpryswenner in 2005.

Solomon is skepties oor El-Baradei se toetrede tot die leierstryd.

“Hy is ’n diplomaat en ’n liberale demokraat, maar ons weet niks van sy steunbasis af nie. Tog het hy baie vinnig met die broederskap begin onderhandel. Dit pla ’n bietjie, want dit beteken hy’s gewillig om vinnig ooreenkomste te sluit. Dít maak hom kwesbaar. El-Baradei se mededinger is mnr. Amr Moessa, sekretaris-generaal van die Arabiese Liga.

“Moebarak het hom juis uitgeskuif omdat hy so gewild onder die bevolking was,” het Solomon gesê.

Dr. Petrus de Kock van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Internasionale Betrekkinge glo El-Baradei se rol moet nie onderskat word nie.

El-Baradei het in 2003 in sy hoedanigheid by die IAEA na wapens van massavernietiging (WMV’s) in Irak gaan soek.

Hy en sy kollegas het destyds baie manmoedig aan die Verenigde Nasies verslag gedoen daar is geen WMV’s in Irak te vinde nie.

Die beleërde Egiptiese regering het Woensdag die protesterende bevolking se selfoon-“aanslag” in eie munt terugbetaal.

Vodafone-intekenaars het deur die loop van die dag outomatiese SMS’e met pro-regeringsboodskappe gekry.

Op Twitter het ontstoke intekenare summier die wêreld oor dié verwikkeling ingelig.

Internetdienste het Woensdag die eerste keer weer gewerk sedert die protesoptrede begin het en die regering die land se vier internetdiensverskaffers afgesny het.

In ’n poging om kommunikasiekanale oop te hou, het Google en Twitter kragte saamgesnoer en ’n “praat om te twiet”-diens geskep. Egiptenare kon telefoonnetwerke skakel wat die klankboodskap in ’n twiet op Twitter omgeskep het.

Sosiale netwerke soos Twitter en Facebook het ’n baie groot rol gespeel om die mense op te sweep om na die Tahrir-plein, oftewel Vryheidsplein, in Kaïro op te ruk.

In China het die regering Dinsdag uit vrees dat burgers “geïnspireer” word, streng beperkings op mediadekking van die onluste in Egipte geplaas.

Xinhua, die nasionale nuusagentskap, was die enigste bron van nuusdekking oor Egipte en vertaling van buitelandse beriggewing is verbied.

Webtuistes wat nie hul nuus gesensor het nie, is met gewelddadige ingryping gedreig.

Patrick Craven, Cosatu-woordvoerder, het aan Rapport gesê danksy die internet en selfoontegnologie kan ’n mens deesdae in ’n japtrap ’n revolusie aanstig. Regerings wêreldwyd sidder sedert Egiptenare gewys het hoe ’n mens dit doen.

Craven het gesê mense het dalk nie ’n huis of kos nie, maar hulle het ’n selfoon.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sarel sê... Ons het hulle aan PRESIDENT MBEKI vrygelaat??? whahahahahaha weet hulle iets wat ons nie weet nie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Magic Developer

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R384000

Systems Developer- Ruby Rails

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R400000

PA/ Office Co coordinator

Johannesburg, South Africa
Hewitt Colenbrander Recruitment
R12000 - R18000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.8T GTi 5-dr
2007
R 169,995.00

OPEL

Corsa Lite 1.4i 3-dr MY00
2006
R 56,800.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.