Egipte: Betogers bankvas op plein
2011-02-08 19:00
Kaïro - Die betogings teen die Egiptiese regering duur nou reeds vir die derde week voort. Duisende mense kamp steeds uit op Kaïro se hoof-plein en eis dat pres. Hosni Mubarak uittree.
Dit raak koud in die aande en meeste mense slaap in die weermagtenks se diepspore, maar hulle weier om van die Tahrir-plein af weg te gaan.
“Ek is nou al vir vyf dae hier en die res van my familie gaan vandag ook kom,” het Mohammed Ali (47) van Fayoum, gesê. “Ons sal hier bly totdat Mubarak gaan.”
Die betoging is nou al vir 15 dae aan die gang waarvan 12 daarvan op die Tahrir-plein deurgebring is. Mense wat die plein besoek word deur soldate deursoek vir wapens maar word nie geweier om kos en drinkgoed vir die betogers te vat nie.
-Volg Nuus24 op Twitter.