Een dood, talle beseer in handgranaat-aanvalle
2011-10-24 22:00
Nairobi – Minstens een persoon is dood en tien is beseer
in ‘n handgranaat-aanval by ‘n bushalte in sentraal-Nairobi.
Dit is die tweede voorval van dié aard in
minder as ‘n dag, het die polisie in Nairobi gesê.
Vroeër is veertien mense beseer toe ‘n
handgranaat by ‘n kroeg ingegooi is.
Die polisie vermoed dat Al-Kaïda-gesinde
Shebab-rebelle verantwoordelik is en dat die aanvalle geloods is in weerwraak vir Keniaanse
magte wat Somalië binnegeval het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP