Een dood, 3 beseer in bende-aanval
2010-02-16 19:13
Maputo – Een gesondheidswerker is dood en drie ander is beseer ná hulle deur ‘n bende aangeval en daarvan beskuldig is dat hulle cholera versprei het.
Volgens polisie in Macoroja, Mosambiek het rondom 300 mense wat met stokke, kapmesse en ander skerp items gewapen was, die Mocoroja-gesondheidsentrum aangeval.
Een persoon is dood nadat hy ‘n geweer van ‘n polisie-beampte wou wegneem.
Die slagoffer is glo die leier van die groep.
Die bende glo dat dié gesondheidswerkers in Macoroja die plaaslike bevolking met chorela aansteek.
Aanvalle op gesondheidswerkers wat daarvan beskuldig word om cholera te versprei is volop in Mosambiek tydens die reënseisoene wanneer die chorela-gevalle toeneem.
Verlede jaar is minstens 10 mense dood in chorela-verwante geweld, wat drie Rooikruisvrywilligers insluit.
- Sapa-AFP