EU kan AU straf deur beursie toe te hou

2011-07-10 07:00
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die Afrika-unie (AU) se weiering om die lasbrief vir die uitlewering van pres. Muammar Gaddafi van Libië te respekteer kan hom duur te staan kom – letterlik.

By die AU se hoofkantoor in Addis Abeba heers kommer dat die Europese Unie (EU) geld kan weerhou weens die uiteenlopende standpunte van die EU en die AU oor Gaddafi.

Volgens Mehari Maru, programhoof by die Instituut vir Sekerheidstudie (ISS) in die Ethiopiese hoofstad, is daar “ernstige bedenkinge” oor of die EU sy beloftes van finansiering sal nakom.

Die EU dra, saam met ander skenkers soos Amerika en China, meer as R1 miljard by tot die totale AU-begroting.

“In die AU-kommissie is daar vrese dat die AU se standpunte oor Libië die EU kan laat besluit om geld wat reeds bewillig is terug te hou. Die EU het dit al voorheen gedoen,” het Maru gesê.

Duitsland betaal ook sowat R100 miljoen vir die bou van ’n nuwe kantoor van die AU se veiligheidsraad in Addis Abeba.

Op die onlangse AU-spitsberaad in Ekwatoriaal-Guinee is Afrika-leiers aangemoedig om te besin oor maniere om geld in die hande te kry.

Suid-Afrika, Libië, Algerië, Egipte en Nigerië het verlede jaar elk R218 miljoen tot die AU-begroting bygedra. Dié vyf lande dra 75% tot die begroting by en die res word tussen die ander 47 lande verdeel.

En boonop kan Gaddafi se moontlike uittrede die AU se dun beursie nog dunner maak.

Gaddafi is bekend om sy “vrygewigheid” wanneer dit kom by politieke steun op die vasteland en hy het lande soos Togo en Niger se AU-gelde betaal.

Libië het ook gereeld as gasheer vir AU-berade opgetree.

“Libië het te klein geword vir Ghaddafi en hy wou sy invloed oor die res van Afrika uitbrei. Die geld is betaal om ondersteuning te koop,” aldus Maru.

Die Libiese regering en die rebelleleiers sal binne die volgende twee weke in Addis Abeba ontmoet om hul reaksie op die AU se vredesplan vir Libië uit te stippel, het Maite Nkoana-Mashabane, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, gesê.

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sarel sê... Ons het hulle aan PRESIDENT MBEKI vrygelaat??? whahahahahaha weet hulle iets wat ons nie weet nie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.8T GTi 5-dr
2007
R 169,995.00

OPEL

Corsa Lite 1.4i 3-dr MY00
2006
R 56,800.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.