Dwelmboot toe nie van Namibië
2011-07-22 15:11
Namibië – Die polisie in Portugal het laat Donderdagmiddag bevestig dat die vissersboot, die Joanna Victoria, wat Dinsdag in ’n gesamentlike operasie van die Portugese polisie, vloot en lugmag gekonfiskeer is, nie van Namibië afkomstig is nie.
Joaquim Pereira, die hoof van die Portugese polisie se dwelmeenheid in Lissabon, het Woensdag op ’n mediakonferensie aangekondig dat tydens operasie African Moon op ’n vissersboot van Namibië beslag gelê is. Daar is 1,7 ton kokaïne op die boot gevind.
Die straatwaarde van die dwelms is sowat N$890 miljoen (R890 miljoen.)
Agt Indonesiërs tussen die ouderdomme van 25 en 46 is glo tydens die soektog, sowat 22 seemyl van Algarve, in hegtenis geneem. Hulle het reeds Donderdag in die hof verskyn.
Hulle is glo deel van ’n smokkelnetwerk wat tussen Amerika, Afrika en Europa doenig is, het Pereira gesê.
“Die dwelms was waarskynlik van Latyns-Amerika na Europa onderweg,” het hy gesê.
– Kliek hier vir die volledige artikel.
– Volg Nuus24 op Twitter.
– Die Republikein