Duitse konstruksiewerker in Nigerië ontvoer
2012-01-27 10:11
Kano – ‘n Duitser wat in Nigerië werksaam is by 'n konstruksiemaatskappy, is deur gewapende mans ontvoer, het die polisie in Nigerië gesê.
Magaji Musa Majiya, woordvoerder van die polisie in die Kano-staat, het gesê die man het vir Dantata & Sawoe in die stad van Kano gewerk.
Sy het gesê dat twee gewapende mans in ‘n sedan die Duitser Donderdag ontvoer terwyl hy gewerk het.
Die ontvoering word nog ondersoek.
Die Duitse Ambassade in Abuja, die hoofstad van Nigerië, wou nie kommentaar lewer nie.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP