Duisende dakloos ná sikloon
2010-03-16 08:29
Antananarivo – Beamptes van Madagaskar se rampbestuur het gesê altesaam 36 mense is dood en meer as 38 000 is dakloos gelaat nadat die tropiese storm Hubert verwoesting gesaai het.
Die storm het Woensdag (10 Maart) die suid-ooskus van die Indiese Oseaan getref.
Beamptes het Maandag gesê dat rys-plantasies, paaie en huise was ook deur die vloede geaffekteer, terwyl sommige in die proses verwoes is.
Lede van rampbestuur kon nog nie all die slagoffers bereik nie omdat van die paaie oorspoel het.
Madagaskar is geleë op die suid-ooskus van Afrika en word jaarliks deur drie tot vier groot siklone getref.
Meer as 100 mense is dood toe Fame, Ivan en Jokwe in 2008 verwoesting gesaai het, met meer as 300 000 ander mense wat ook deur die siklone geraak was.
- Sapa-AP