Drie ontploffings ruk Gaddafi se buurt
2011-05-16 22:56
Tripoli – Drie harde ontploffings het die Bab al-Aziziya
woonbuurtvan Tripoli , waar Gaddafi se woning is, Maandagaand geruk.
Die ontploffings kon duidelik vanaf ‘n hotel
waar die buitelandse pers in Tripoli woonagtig is, gehoor word.
Vroeer die dag is ‘n radar basis verwoes
tydens Navo-lugaanvalle wat die woonbuurt van Tajura, oos van Tripoli, geteiken
het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA