Drie kinders wat met bom speel dood
2011-05-06 20:36
Kano – Drie Nigeriese kinders is in Ashaka dood toe ‘n bom, wat
deur ‘n groep rowers agtergelaat is, in hul hande ontplof.
Twee van die kinders, almal tussen 9 en
11-jaar oud, is op die toneel dood terwyl die derde oppad hospitaal toe oorlede
is.
Volgens Ahmed Doma, ‘n polisiewoordvoerder,
was hulle oppad huis toe van die skool af toe die voorval plaasvind.
Blykbaar het hulle die bom in ‘n area waar rowers vroeër ‘n bank beroof het, opgetel.
Nie een van hulle het besef dit is ‘n bom nie
en hulle het met die voorwerp begin speel.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA