Drama op Rooi see toe brand op veerboot uitbreek
2011-11-03 13:02
Kaïro – 'n Brand het uitgebreek op 'n veerboot wat 1 200 mense na die Egiptiese hawedorp Nuweiba vervoer, het 'n hawebeampte gesê.
Die beampte sê 'n reddingsboot het die vaartuig in die Rooi See se Golf van Aqaba bereik, en dat 'n reddingspoging uitgevoer word.
Passassiers op die veerboot is hoofsaaklik Egiptiese werkers wat in ander lande werk, wat na Egipte terugkeer vir die godsdienstige Eid al-Adha-vakansieperiode, wat Saterdag begin.
Die beampte sê daar is tot dusver geen sterftes aangemeld nie. Hy het versoek dat sy naam nie bekendgemaak word nie omdat hy nie toestemming het om met die media te praat nie.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP