Dokumente wys bande tussen Gaddafi-regime, CIA
2011-09-03 13:27
Tripoli – Dokumente van die Libiese sekerheidsagentskap wat deur die nuusagentskap AP gelees is dui op noue samewerking tussen die regime van Muammar Gaddafi en Britse en Amerikaanse intelligensiedienste.
Hoewel die dokumente nadere besonderhede oor samewerking bevat is dit nie die eerste keer wat dié gerugte die ronde doen nie.
Libiese Moslem-ekstremiste het probeer om Gaddafi te vermoor, en het ook senior posisies in Al-Kaïda beklee.
Abdel-Hakim Belhaj, bevelvoerder van die magte wat Gaddafi ontsetel het, is die voormalige leier van 'n Islamitiese groep en beweer hy is deur CIA-agente in 'n tronk gemartel voor hy teruggestuur is na Libië.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP