Dlamini-Zuma moontlik nuwe AU-hoof

2011-09-21 17:26
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – State in suider-Afrika wil hê Suid-Afrika se minister van binnelandse sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, moet Jean Ping as hoof van die Afrika-unie vervang, het ‘n amptenaar Woensdag gesê.

Die vyftien lidlande van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) het ooreengekom om Dlamini-Zuma, wat vir ‘n dekade as Suid-Afrika se minister van buitelandse sake gedien het voor haar eks-man, Jacob Zuma, in 2009 tot president verkies is, vir die pos aan te beveel.

“Al die SAOG-state het die standpunt ondersteun dat ons minister van binnelandse sake die volgende voorsitter van die AU moet wees en Suid-Afrika huldig ook hierdie standpunt,” het Marius Fransman, adjunk-minister van internasionale betrekkinge, gesê.

“Daar is baie respek vir ons minister, minister Dlamini-Zuma, vanweë haar rol die afgelope vyftien tot twintig jaar in Suid-Afrika en in die konteks van buitelandse sake,” het hy gesê.

Die AU sal in Januarie stem vir ‘n nuwe voorsitter. Jean Ping van Gabon, wat as dié land se minister van buitelandse sake gedien het en ‘n voormalige voorsitter van die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering is, is sedert 2008 die voorsitter van die AU.

Volgens Fransman het die ondersteuning van ‘n kandidaat uit suidelike Afrika niks met ‘n geografiese mededinging om mag te doen nie.

“Dit gaan nie noodwendig oor geo-politieke spel nie,” het Fransman gesê. “Dit gaan oor baie meer – ons sou nie ‘n kandidaat aanbeveel het as dit nie so ‘n sterk kandidaat soos minister Dlamini-Zuma was nie.”

– Volg Nuus24 op Twitter.

- AFP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sarel sê... Ons het hulle aan PRESIDENT MBEKI vrygelaat??? whahahahahaha weet hulle iets wat ons nie weet nie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

118i (E87)
2007
R 200,600.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 255,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.