Gewapende diewe steel 11 kg goud
2011-08-02 09:42
Casablanca – Diewe in Casablanca, Marokko het met 11 kg goud weggekom nadat hulle ‘n voertuig gekaap het wat sowat $500 000 (R3.3 miljoen) se edelmetale vervoer het, het die MAP-nuusagentskap berig.
Terwyl twee personeellede wat verantwoordelik was vir die vervoer van die vrag by ‘n belastingkantoor doenig was, het mans op motorfietse op hulle begin skiet.
“Die aanvallers het die twee personeellede beseer voordat hulle 11 kg se goud gegryp en op die vlug geslaan het,” het MAP berig.
Die beseerde mans is in die hospitaal opgeneem en die polisie is op soek na die twee diewe.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP