Betoging moet voortgaan, sê unie
2012-01-13 08:45
Abuja – Onderhandelinge tussen unieleiers en pres. Goodluck Jonathan van Nigerië Donderdag het vordering gemaak maar daar is steeds nie tot ‘n gevolgtrekking gekom nie.
Die landwye staking sal steeds voortduur, het ‘n unieleier gesê nadat die vergadering met Jonathan ten einde geloop het.
“Ons het nog nie tot ‘n gevolgtrekking gekom tydens ons vergadering nie, maar die besprekings is wel in ‘n mate suksesvol,” het Abdulwahed Omar, die president van Nigerië se Arbeidskongres, op die vierde dag van die betoging gesê.
“Ons sal Saterdagmiddag voortgaan met besprekings.”
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP