Diamant-waghond kan nie besluit oor Zim
2010-06-24 14:23
Tel Aviv - Onderhandelinge tussen lede van die Kimberley-proses aangaande Zimbabwe het Donderdag vasgedraai.
Lede van die komitee moes besluit of Zimbabwe weer sal mag begin om diamante uit te voer.
Zimbabwe is verlede jaar van alle uitvoer van diamante verban totdat die lede van die Kimberley-proses die verkope van edelstene, wat deur middel van mishandeling van menseregte verkry word, goedgekeur het.
Die Kimberley-proses is ’n internasionale waghond wat probeer keer dat diamante op die internasionale mark beland wat in omstandighede ontgin is waar bloedvergieting en konflik ’n rol gespeel het.
Die komitee kon tydens ‘n deurnag konferensie in Tel Aviv nie ‘n ooreenstemming oor of Zimbabwe weer in diamante sal mag handel of nie, bereik nie.
Gesprekke sal glo later Donderdag voorgesit word.
- SAPA