Derduisende kinders gaan sterf, sê Britse minister
2011-08-17 22:04
Mogadisjoe – ‘n Britse minister sê sowat 400 000 Somaliese
kinders gaan doodgaan van die honger tensy daar iets drasties gedoen word om
die situasie te beredder.
Andrew Mitchell, sekretaris van internasionale
ontwikkeling, is die eerste Britse minister wat die hoofstad van Mogadisjoe die
afgelope 18 jaar besoek.
Hy het met regeringsleiers en hulpverlenigingsgroepe
in die hoofstad vergader.
Tydens ‘n besoek aan Kenia het hy aangekondig
dat UNICEF meer as $41 miljoen (Sowat R291 miljoen) aan hulpverleniging in droogtegeteisterde gebiede sal skenk.
Dié bedrag sal vir sowat 200 000 mense se
kospakkies en masels-inentings vir 800 000 kinders betaal.
Meer as 12 miljoen mense benodig humanitêre
bystand in dié droogtegeteisterde gebied.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP