Derde bomaanval glo in Uganda beplan
2010-07-14 05:14
Kampala – Ondersoekbeamptes in Kampala het ‘n selfmoordbomaanvaller se onderbaadjie, wat nie gedetoneer is nie, in ‘n nagklub in Uganda se hoofstad gevind. Daar word beweer dat ‘n derde bomaanval tydens die eindstryd van die Wêreldbeker sokkertoernooi beplan was.
Vier verdagtes is ook in verband met hierdie beweringe in hegtenis geneem. Die verdagtes is volgens ondersoekbeamptes nie Ugandese nie maar hul nasionaliteite is nie bekend gemaak nie.
Dié toestel is glo soortgelyk aan dié wat op die tonele van die bomontploffings wat Sondag tydens die wedstryd geloods is, gevind is.
Amptenare glo dat selfmoordbomaanvallers vir die ontploffings verantwoordelik was en dat ‘n derde selfmoordbomaanval in hierdie nagklub beplan was.
Die dodetal weens Sondag se bomaanvalle, waarvoor Somaliese Al-Shabaab-rebelle verantwoordelikheid aanvaar het, het intussen tot 76 gestyg.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA