Denel help die Soedan 'skoon' vee

2010-11-12 09:44
Tweets Share Share line Print

Juba (Soedan). – Waar ’n wil is, sal ’n veilige pad skoon van landmyne wees.

Dié benadering van Mechem, ’n afdeling van Denel in Suid-Afrika, het vandeesweek weer vrugte afgewerp toe die Verenigde Nasies (VN) se landmyn-kantoor nog ’n gedeelte van ’n pad in die Soedan wat hulle gevee het, “skoon” verklaar het.

Die jongste veiligverklaring beteken die maatskappy se spanne het die afgelope vyf jaar altesaam 9054km van die Soedan se paaie ontmyn.

In sommige gevalle was die bestaande paaie so toegegroei dat nuwes eenvoudig oopgeskraap is, sê mnr. Jaap Kotze, projekbestuurder van Mechem in die Soedan.

Dié land gaan in Januarie ’n referendum hou en dan gaan veilige paaie om by stembusse uit te kom ’n voorkeur wees.

Tientalle myne is reeds uitgehaal, maar vandeesweek het dit duidelik geword dat dié wat steeds daar is, nog jare lank ’n bedreiging vir mens en dier gaan inhou.

’n Stuk grond by Juba, die hoofstad van Suid-Soedan, se lughawe is vandeesweek voorberei sodat gras geplant kan word toe kontrakteurs ’n rits skrapnelmyne oopgegrawe het – nadat ’n ander ontmyningsmaatskappy die grond reeds “veilig” verklaar het.

Gelukkig het nie een van hulle ontplof nie.

Volgens Jaco Crots, operasionele bestuurder van Mechem in die Soedan, sal sy spanne binnekort na ’n gebied in die suidooste van die land in die Jonglei-provinsie vertrek.

Dié provinsie was tot onlangs, voordat Mechem begin het om ’n veilige toegangsroete oop te maak, heeltemal ontoeganklik vir die VN wat humanitêre werk daar wil doen.

Volgens Kotze is die landmyne die hartseer-nalatenskap van die jare lange konflik tussen die weermagte van die noorde en die suide, waar die Soedanse bevrydingsleër (SPLA) die stryd om beheer oor die suide gevoer het.

Geen landmynkaarte bestaan van waar die onveilige gebiede is nie. Die afgelope vyf jaar het Mechem sy eie patrone begin volg namate hy bepaal het hoe diegene wat die landmyne en mynvelde gelê het, te werk gegaan het.

Wanneer die referendum op 9 Januarie volgende jaar plaasvind, is dit ’n haas uitgemaakte saak dat die Suid-Soedan vir soewereiniteit gaan stem.

Dit gaan ’n einde bring aan die noord-suid-haat wat oor dekades heen die lewe van honderdduisende mense geëis of hulle geskend gelaat het.

- Volksblad

Lees meer oor: soedan

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sarel sê... Ons het hulle aan PRESIDENT MBEKI vrygelaat??? whahahahahaha weet hulle iets wat ons nie weet nie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

PA/ Office Co coordinator

Johannesburg, South Africa
Hewitt Colenbrander Recruitment
R12000 - R18000

IT Operational Manager

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R480000

Admin Assistant

Silverton, Pretoria, South Africa
Sentinel Staffing Services
R8000 - R10000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

118i (E87)
2007
R 200,600.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 255,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.