DRK vra SA se hulp met verkiesing

2011-11-24 08:04
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Die Suid-Afrikaanse Weermag het Woensdag met ’n reuse­-poging begin om te help met die verkiesing in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) toe sy eerste vragvliegtuie na dié land vertrek het.

Die poging gaan die weermag na verneem word nagenoeg R150 miljoen kos, maar die uitgawes gaan hopelik later uit skenkersgeld terugbetaal word.

Intussen kan die weermag se vredesoldate in die Soedan weens die gebruik van die vliegtuie in die DRK nie na Suid-Afrika terugkeer nie.

Dié rotasie van soldate is nou reeds bykans twee maande lank vertraag, met die volgende groep wat ook reeds die afgelope twee maande by De Brug in Bloemfontein wag om hul makkers in die Soedan te vervang.

Die ministerie van verdediging het onlangs ten tyde van ’n besoek van Lindiwe Sisulu, minister van verdediging, aan die DRK om te kyk of die voorbereidings vir die verkiesing Maandag op datum is, gesê die DRK het ’n spesiale versoek tot Suid-Afrika gerig om te help met die verspreiding van stembriewe.

Meer as 30 miljoen Kongolese gaan by nagenoeg 63 000 stemlokale stem in ’n verkiesing wat volgens kenners op ’n mespunt is.

Die weermag het nagenoeg 1 000 vredesoldate in die DRK, met nog sowat 100 ondersteuningspersoneellede wat met die onderhoud van die vliegtuie moet help.

Die lugmag het die meeste van sy diensbare vragvliegtuie, waaronder die Hercules C-130’s en Dakotas, sowel as helikopters Donderdag begin ontplooi.

Groot gedeeltes van die DRK is slegs per vliegtuig bereikbaar weens die afwesigheid van paaie en groot afstande.

Die stembriewe is in Suid-Afrika gedruk en die tydige verspreiding daarvan is ’n groot logistieke nagmerrie, het mnr. Richard Cornwell, onafhanklike politieke ontleder, gister gesê.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lees meer oor: drk  |  sandf  |  verkiesings

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sarel sê... Ons het hulle aan PRESIDENT MBEKI vrygelaat??? whahahahahaha weet hulle iets wat ons nie weet nie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

PA/ Office Co coordinator

Johannesburg, South Africa
Hewitt Colenbrander Recruitment
R12000 - R18000

IT Operational Manager

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R480000

Admin Assistant

Silverton, Pretoria, South Africa
Sentinel Staffing Services
R8000 - R10000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

118i (E87)
2007
R 200,600.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 255,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.