'DRK-verkiesing moet nietig verklaar word'

2011-11-30 09:05
Tweets Share Share line Print

Kinshasa – ‘n Mededinger in die presidensiële verkiesing in die Demokratiese Republiek van die Kongo het Dinsdag versoek dat dié verkiesing nietig verklaar moet word en sê dat owerhede skuldig is aan bedrog.

Vital Kamerhe, ‘n voormalige regeringsminister, het gesê daar is vooraf op die stembriewe ten gunste van pres. Joseph Kabila gestem. Hy het ook gesê dat van die kiesers verhoed is om stemlokale te betree tydens Maandag se chaotiese presidensiële- en parlementêre verkiesings.

Drie ander presidentskandidate het Kongolese aangemoedig om nie die uitslae van die verkiesing te aanvaar nie. Wydverspreide tegniese probleme en bedrog maak dat die uitslae nie geloofwaardig kan wees nie.

“Daar kan geen twyfel wees oor die omvang van bedrog nie. Dit is doelbewus beplan deur diegene in magtige posisies met die medepligtigheid van die nasionale verkiesingskommissie,” het Kamerhe in ‘n brief aan Kabila, die verkiesingskommissie, en ander internasionale liggame geskryf.

“Die polisie het getuies by die stemlokale verjaag nog voor die tel van die stemme kon begin,” het hy gesê met verwysing na verslae deur internasionale waarnemers.

“Hierdie verkiesings moet doodeenvoudig nietig verklaar word.”

– Volg Nuus24 op Twitter

- Reuters

Lees meer oor: drk  |  bedrog  |  verkiesings

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sarel sê... Ons het hulle aan PRESIDENT MBEKI vrygelaat??? whahahahahaha weet hulle iets wat ons nie weet nie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

118i (E87)
2007
R 200,600.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 255,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.