DRK-howe kan nie strafloosheid keer – Amnestie
2011-08-11 18:21
Kinshasa – Die Demokratiese Republiek van die Kongo benodig ‘n sterker regsstelsel om te veg teen strafloosheid vir misdade wat deur die weermag gepleeg word, het Amnestie Internasionaal Woensdag gesê.
Die regtegroep het gesê dat ‘n geregtelike hervorming ‘n “verkiesingspriotriteit” moet wees vir die presidensiële en parlementêre verkiesings wat in November gaan plaasvind.
“Misdaad volgens internasionale wetgewing, insluitend verkragting en moord, word steeds deur die DRK se weermag en ander gewapende groepe in die ooste van die land gepleeg,” het die organisasie in ‘n verklaring gesê.
Vervolgings word verhinder omdat “regters en anders geregtelike personeel gereeld dreigemente kry en omdat daar deur politiese en militêre owerhede ingemeng word,” het Amnestie gesê.
“Al is die vervolgings suksesvol word die hofuitsprake selde toegepas.”
Amnestie het gesê hy kon nie ‘n enkele geval kry waar die slagoffers enige vergoeding gekry het nie. Nie eers in gevalle waar die hof die regering verantwoordelik gehou het nie.
Amnestie het die DRK-regering geprys vir die stappe wat hy neem om ‘n spesiale hof te stig wat met internasionale misdade werk. Gewone howe in die land moet egter ook versterk word omdat hulle sal aangaan om die meerderheid van die sake te hanteer.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP