DRK: Nege gevangenes ontsnap uit tronk
2011-05-13 09:02
Kinshasha - Nege gevangenes, waaronder soldate wat die doodstraf moet kry, is op vlug in die Demokratiese Republiek van die Kongo nadat hulle uit 'n tronk in die ooste van die land ontsnap het.
Die gevangenes het Maandagaand uit die Kangbai-tronk in die Beni-omgewing in die Nord-Kivu-provinsie ontsnap.
“’n Totaal van tien gevangenes het ontsnap. Vyf van hulle is soldate. Een van die soldate het die volgende dag teruggekom omdat hy nie die omgewing baie goed ken nie,” het Gilbert Kambale, die voorsitter van ‘n groep nie-regeringsorganisasies in Beni, gesê.
Vier van die gevangenes het die doodstraf in die gesig gestaar, het hy gesê.
Die Kangbai-tronk is ontwerp om 350 mense te hou, maar die huidige figuur is 604, waarvan 212 soldate is.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP