DRK: Agt Rooikruis-werkers ontvoer
2010-04-14 12:49
Kaapstad – Agt Rooikruis werkers is in die oostelike deel van die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) ontvoer.
Die span, sewe Kongolese en een Switserse burger, is Vrydag deur rebellegroepe in Suid-Kivu ontvoer, toe hulle terugggekeer het van hul reis waar hulle ontheemde mense gehelp het.
Volgens ‘n bron is daar reeds kontak gemaak met Mai Mai Yakutumba militante wat hulle aanhou.
Vredebewaarders van die Verenigde Nasies se hulp is ook ingeroep.
Vir die afgelope twee dekades heers daar onstabiliteit in die DRK, en die Rooikruis is een van die min hulporganisasies wat daar werk.
- Vir die volledige storie besoek BBC News