DRK: 19 dood in vragmotorongeluk
2011-09-26 18:59
Kinshasa – ‘n Parlementslid het gesê dat 19 mense in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) dood is toe ‘n vragmotor wat mense en goedere vervoer het, in 'n ongeluk betrokke was.
Die ongeluk is glo veroorsaak omdat die vragmotor oorlaai was en die remstelsel nie goed gewerk het nie, het Triphon Kinkey Mulumba gesê.
Altesaam nege mense is op die toneel dood en tien is in die hospitaal dood. Talle ander mense is beseer, maar dit is onbekend hoeveel mense in die vragmotor gery het, het Mulumba gesê.
Die vragmotor was glo van Kinshasa na Lukanda op pad.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP