Christene en Moslems bots in Nigerië
2010-07-14 23:11
Jalingo - Nigerië - 'n Polisiebeampte sê geweld tussen Christene en Moslems het bloedvergieting in die suidweste van Nigerië veroorsaak. Minstens vier mense is dood.
Aliyu Musa, polisiekommissaris van die Taraba-staat, het gesê die slagtings het Dinsdag in die gemeenskap van Bukari begin ná Christelike jeug kwaad geword het oor die ligging van 'n moskee.
Hy het Woensdag gesê dié jeug het die moskee afgebrand, wat 'n gewelddadige reaksie van die Moslems ontlok het.
Ooggetuies sê sekerheidsagentskappe in die gemeenskap het Woensdagoggend 'n "ongemaklike" kalmte na die gebied gebring.
Volg Nuus24 op Twitter
- AP