Cholera tref Zim, vyf sterf
2009-10-20 11:56
Johannesburg – Sowat vyf mense is dood nadat ‘n nuwe cholera-epidemie vir Zimbabwe getref het.
"Sowat vyf mense van Mashonaland-Wes en omliggende provinsies het weens cholera gesterf, terwyl sowat 30 pasiënte tans vir die siekte behandel word, het Dr. Gerald Gwinji, die sekretaris van die departement van gesondheid en kinderwelsyn gesê,” het die Herald berig.
Die mees onlangse vlaag cholera-epidemie het verlede maand in Chipinge begin, het Gwinji gesê.
Sowat ‘n 117 gevalle is sedert verlede maand aangemeld.
Sommige inwoners weier egter om behandeling te aanvaar weens religieuse oortuigings.
Die Verenigde Nasies(VN) se kinderfonds het onlangs die land se inwoners gewaarsku van ‘n moontlike epidemie wat op pad is, het die Herald berig.
Die omstandighede van verlede jaar se epidemie wat tussen Junie en Augustus uitgebreek het, het nog nie veel verander nie.
- Sapa