Cholera-epidemie tref Tanzanië
2009-10-06 10:39
Dar es Salaam - ’n Cholera-epidemie het 12 lewens die afgelope week in Tanzanië geëis.
Dit is volgens ‘n woordvoerder van dié land se gesondheidsdepartement, Nsachris Mwamaja.
Die afgelope sewe dae is 600 cholera-gevalle aangemeld in die Afrikaland aangemeld.
Meeste van die gevalle is in Tanga, wat in die noordoostelike deel van die land lê, met 511 gevalle.
Mwamaja het die media verseker dat die regering alles moontlik doen om die verspreiding van die siekte te beheer.
Skole in die areas wat die ergste geteisterde is, sal tot 1 November gesluit wees.
Cholera word deur water versprei en kan oorgedra word deur kos wat in aanraking was met rioolwater.
Die siekte veroorsaak ernstige diarree en braking, wat tot algehele ontwatering lei.
Dit het ook ‘n baie kort inkubasietydperk, en is dodelik indien dit nie vinnig genoeg behandel word nie.
- Sapa