Cholera eis 19 in Mali
2011-07-28 11:05
Bamako – Altesaam 19 mense is in Julie dood ná 'n cholera-vlaag in Mali, en 200 mense in die noordelike en sentrale dele van die land ly nog aan die siekte, het gesondheidsowerhede gesê.
Volgens Boubacar Bogoba Diarra van die gesondheidsdepartement was daar tussen 16 en 25 Julie 223 cholera-gevalle in die Mopti- en Timbuktoestreke, wat tot die dood van 19 mense gelei het.
Hy het bevestig dat 114 van die gevalle en 11 van die sterftes in Mopti is, en 79 van die gevalle en agt sterftes in Timboektoe.
Cholera is ‘n hoogs aansteeklike dermontsteking wat erge diarree en ontwatering veroorsaak.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP