China wil 'konstruktiewe rol' in nuwe Libië speel
2011-11-23 11:02
Beijing – China het Woensdag gesê dat hy gewillig is om ‘n “konstruktiewe rol” in die herbouing van Libië te speel, en het die vestiging van ‘n nuwe regering na kol. Muammar Gaddafi se val, verwelkom.
Beijing, wat aansienlike beleggings in Libië het en Gaddafi se regime lank voor die opstand gehelp en ondersteun het, het gesê hy sal graag sy vriendskaplike verhouding met Tripoli wil voortsit.
“Die vestiging van die Libiese provinsiale regering dui op ‘n belangrike tree vorentoe in die oorgangspolitiek van Libië. China verwelkom dit,” het die minister van buitelandse sake in ‘n verklaring gesê.
“China sal aanhou om ‘n vriendelike Sino-Libiese-verhouding met Libië te ontwikkel en is gewillig om ‘n konstruktiewe rol in die herbouing van Libië te speel.”
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP