China het oog op Rwanda
2011-08-20 07:15
Kigali – China het Donderdag ontwikkelingsooreenkomste met Rwanda geteken as deel van sy plan om meer betrokke te raak by die ontwikkeling van Afrika-lande.
Die ses ooreenkomste sluit in ‘n 50 miljoen yuan- (sowat R56 miljoen) lening om ontwikkelingsprogramme te finansier en ‘n 50 miljoen yuan- belastingvrye lening aan die Rwandese regering, het beamptes van albei lande tydens ‘n mediakonferensie in Kigali gesê.
Van die ander ooreenkomste sluit in planne vir ‘n Chinees-bestuurde landbouprojek, ‘n hospitaal- en padwerkprojek in Kigali en ‘n nuwe regeringsadministrasiekompleks.
Finansiële besonderhede oor dié projekte is nie bekend gemaak nie.
“Hierdie besoeke is die sement want ons twee lande bymekaar hou,” het Louise Mushikiwabo, die Rwandese minister van buitelandse sake, gesê.
“Die regering van Rwanda ondersteun die China-Afrika strategiese vennootskap.”
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP