China: ‘Skietstilstand hoof-prioriteit in Libië’
2011-06-09 08:18
Beijing - Die Chinese minister van buitelandse sake het aan sy Libiese eweknie gesê dat ‘n skietstilstand in Libië nou die hoofprioriteit aan albei kante van die konflik moet wees.
“Dit is belangrik vir alle betrokke partye om ‘n skietstilstand te handhaaf sodat verdere humanitêre krisisse vermy kan word en die Libiese krisis op ‘n politiese wyse opgelos kan word,” het Yang Jiechi gesê.
Yang het gesê hy hoop beide die regime van Muammar Gaddafi en die rebelle, wat veg om sy regering omver te werp, sal die belange van die land en die mense te harte neem.
Hy het beide kante aangemoedig om “die politiese proses te begin om die krisis so vinnig as moontlik op te los sodat streeksvrede en –stabiliteit behoue kan bly.”
- Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP