Chavez spreek steun uit vir Gaddafi
2011-07-15 12:25
Caracas – Hugo Chavez, president van Venezuela, het in 'n televisie-uitsending duidelik gemaak dat hy Muammar Gaddafi, die Libiese leier, ondersteun.
Hy het Europese nasies ook gevra om hulle eerder oor hul eie sake te bekommer.
Chavez het tydens ‘n vergadering met van sy ministers, wat op 'n plaaslike televisiestasie uitgesaai is, sy verontwaardiging oor die saak duidelik gemaak.
“Libië is ‘n land van vry en rustelose mense wat net aan hulleself verantwoording hoef te doen en nie die belange van die Ryk moet dien nie. Lank leef Libië en sy onafhanklikheid,” het Chavez gesê.
Chavez het deurgaans na Amerika as “die Ryk” verwys.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP