Burundi stuur troepe na Somalië
2009-08-01 20:22
Bujumbara, Burundi - Die regering hier het Saterdag 'n derde bataljon van 850 soldate na Mogadishu gestuur om die Afrika Unie (AU) se teenwoordigheid in die somaliese hoofstad te help versterk.
Met die nuwe troepe is daar meer as 5 000 soldate van Burundi en Uganda wat nou deel uitmaak van die AU se missie in Somalië (AMISOM). Dié projek is in 2007 geloods en sedertdien 17 Burundiese mans se lewens gekos.
"Burundi het reeds twee bataljonne, dus meer as 1700 soldate, na Somalië gestuur as deel van AMISOM", het Burundi se generaal Lazare Nduwayo, aan AFP gesê.
"Ons het oornag die laaste bataljon gestuur."
AMISOM is die enigste buitelandse beskermingsmag in Somalië. dié land is sedert 1991 in 'n burgeroorlog gedompel.
- Sapa