Burkina Faso skaf aandklokreël af
2011-05-17 14:31
Ouagadougou - Owerhede in Burkina Faso het Maandag ‘n maand lange aandklokreël afgestel wat in die hoofstad ingestel is nadat betogende soldate amok gemaak het.
Jerome Bougouma, van die departement van verdediging, het in ‘n verklaring gesê “die aandklokreël wat in Ouagadougou ingestel was, is vanaf Maandag, 16 Mei, afgestel.”
Die aandklokreël was eers van 19:00 tot 06:00 maar is later ligter gemaak - van middernag tot 05:00.
Dié reël was op 16 April ingestel nadat betogende soldate laat in die nag chaos veroorsaak het en publieke geboue deur kwaai winkeleienaars beskadig is.
Daar word reeds vir sowat twee maande betoog teen die regering van Blaise Compaore, wat in 1987 president geword het na ‘n staatsgreep. Die weermag het in opstand gekom en botsings tussen studente en polisie het talle gedood gelaat.
In ‘n poging om ‘n einde aan die onrus te bring het die president die weermag en die polisiehoof afgedank en ‘n nuwe regering gevorm. Hy het homself as die minister van verdediging aangestel.
‘n Totaal van 12 mense is dood sedert die opstand begin het. Van hulle is dood tydens ‘n gewelddadige poging van veiligheidspersoneel om die betogings te stop.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP